[PDF] ↠ Free Read ↠ Offerande : by Chanette Paul â


  • Title: Offerande
  • Author: Chanette Paul
  • ISBN: 9780799381320
  • Page: 246
  • Format: Paperback

  • Is Caz Colijn se pa Elia, die sagsinnige man wat voor haar geboorte koelbloedig vermoor is, of dra sy C sar, die moordenaar, se gene Di kwellende vraag kan Caz eers probeer beantwoord as sy van die reusediamante in haar besit ontslae raak en s die Kongolese wat haar tot in Suid Afrika gevolg het, van haar spoor af kry Antwerpen kan die antwoord op hierdie missie wees, mIs Caz Colijn se pa Elia, die sagsinnige man wat voor haar geboorte koelbloedig vermoor is, of dra sy C sar, die moordenaar, se gene Di kwellende vraag kan Caz eers probeer beantwoord as sy van die reusediamante in haar besit ontslae raak en s die Kongolese wat haar tot in Suid Afrika gevolg het, van haar spoor af kry Antwerpen kan die antwoord op hierdie missie wees, maar hoe kry sy die diamante daar En as sy eers daar is, waarheen neem sy dit Kommissaris De Brabander is opsie tot Caz besef sy staan van voor af weer eerste op sy lys van verdagtes di keer vir die moord op een van haar agtervolgers.Boonop daag Caz se eksman by haar op en dring aan om sy dogter te ontmoet Caz besluit om die keuse aan Lilah oor te laat, maar toe di uit Belgi aankom, is sy nie die lieflike kind wat Caz ken en grootgemaak het nie.Caz se probleme neem rampspoedige afmetings aan toe sy besef die offerlam sal die offerande moet word as sy Lilah van haarself en van die dood wil red.
    Chanette Paul
    Chanette Paul word rond en bont groot Sy woon nege skole by, studeer aan vyf universiteite en het al in sewe provinsies gebly Haar eerste verhaal waarvoor sy betaling ontvang het, is n sprokie wat sy op sestienjarige ouderdom geskryf het en op Siembamba voorgelees is Die tweede, n kortverhaal, is in haar universiteitsjare in Huisgenoot gepubliseer Eers twintig jaar later, in 1995, gee sy weer aandag aan haar skryfwerk Sedertdien het n verskeidenheid verhale en humoristiese artikels in tydskrifte verskyn asook agtien romanses Vir haar debuutromanse ontvang sy Perskor se prys vir beste romantiese fiksie Sy skryf ook drie ernstiger romans en in 1999 en 2006 is Wip van die droomvanger en Leila word lig onderskeidelik op die kortlys vir die ATKV Prosaprys.Sy verwerf egter eers bekendheid met haar twee reekse, naamlik die sewe historiese liefdesromans genaamd die Davelvroue reeks, en vyf romantiese spanningsromans wat in die volksmond bekend staan as die Gys Niemand reeks Boheem, die derde boek in di reeks is n finalis vir die 2010 ATKV Woordveertjie in die kategorie Spanningsromans.N die Gys Niemand reeks volg die Maanschijnbaai tweeluik wat saam n humoristiese familieroman vorm oor vier Calitz vroue wat moet saamstaan teen die samelewing Die tweeluik is finalis vir die 2013 ATKV Woordveertjie in die Liefdesroman kategorie Die eerste boek in die tweeluik, Jo Sue, is ook deur lesers aangewys as Lapa se 2012 Lekkerlit Boek van die Jaar Die tweede boek se titel is Nan Jeannie Kort op die hakke van die tweeluik volg twee enkelstaande spanningsromans, naamlik Labirint, wat in Oktober 2012 verskyn en Siende blind in Julie 2013 Siende blind word aangewys as Lapa se 2013 Lekkerlit Boek van die Jaar.Raaiselspie l is weer eens spanningsroman en het onlangs verskyn.Chanette woon in n skewerige huisie op die oewer van die Kleine Rivier in die Overberg waar sy met allerlei storiedinge bedrywig is Besoek gerus haar blog by chanettepaul.wordpress of twiet haar by twitter Chanettie Sy is ook op Facebook bedrywig.


    Commentaires:

    Julia Grundling
    ahhhh, wat 'n lekker opvolg op 'offerlam'. ek is nog so effens in 'n 'reading slump', maar dit gaan al hoe beter. my pa het so aangegaan oor hoe goed hierdie twee boeke is. hy het sommer my pakkie wat by hulle huis afgelewer is, oopgemaak en chanette se boeke gegryp en gese hy gaan dit eers lees. ek is bly hierdie boek was ook 'n lekker dik een - ek het heerlik gelees. die karakterbeskrywing van elke karakter is ongelooflik goed - ek kon hulle voor my sien. die storie was goed afgerond en dit wa [...]

    Marisca Harris
    En so skuif ek met totale bevrediging (en ‘n wesenlike dosis afguns) Offerande van Chanette Paul terug op die boekrak. Die bevrediging kom daarvan dat elke enkele los draad saamgevat is in ‘n netjiese knopie wat dit finaal afsluit. Afguns kom van een van die ingewikkeldste storielyne wat ek in ‘n lang tyd deurleef het; een wat ek twyfel ek ooit sal kan uitdink. Dis die afguns van ‘n wannabe. Dis ‘n kompliment toegevou in ‘n ietwat onvleiende jas. Kyk, dit vat ‘n paar appeltjies om [...]

    Cees Van Rhienen
    Waarheidsgetroue storie met spanning en kultuurOorspronkelijke titel: Offerande ISBN: 9789401442268Uitgeverij: LannooPagina’s: 498Beoordeling: 4 sterrenMet Offerlam, het eerste deel van de Offer-tweeluik, kon de Zuid-Afrikaanse auteur Chanette Paul al direct een aantal nieuwe fans uit Vlaanderen en Nederland op haar fan-lijstje bijschrijven. Indrukwekkend was niet alleen het thrillerdeel maar zeker ook de geschilderde contrasten tussen de culturen van Zuid-Afrika en Vlaanderen. Met daarin verw [...]

    Maja Steyn
    Dis hier! Die boek waarvoor Chanette Paul se lesers in spanning gewag het. In die tweede helfte van Caz Colijn se storie word al die vrae waarmee Offerlam ons gelos het beantwoord. Die vervloekte, geheimsinnig nkísi het weer by Caz beland. Terwyl sy haar bes doen om daarvan ontslae te raak, probeer Luc DeReu om die raaisel van wie Caz se pa is op te los. Maar gou kom Caz agter dat dit is nie meer net haar lewe is wat bedreig word nie… Hoeveel sal sy vir haar dogter, Lilah, se veiligheid moet [...]

    Anne-Marie
    'n Kragtoer! My lewe gaan leeg wees sonder Luc en Caz en Lilah :'(

    JACKIE VD
    Offerande is deel 2 van die reeks. #Offerande #LAPA Uitgewers'n Ma sal enige iets doen vir haar kind. Dit beleef jy in die boek.Baie lekker boeiende boek om te lees.

    Amanda
    Met Offerlam vars in die geheue, kon ek moeiteloos die drade optel en terugglip in die wêreld van Caz Colijn, Lilah en Luc. Die storielyn het egter nie bloot voortgegaan nie, dit het veel wyer en dieper geword met die toerede van nuwe karakters en nuwe sub-storielyne, onder andere die aktuele kwessie van renosterstroping. Caz Hardkoppig, impulsief, onversetlik, onverskrokke lief vir haar kind. Luc Die onwaarskynlike held na sy eie oordeel, styg uit bo sy vooroordele en onsekerhede, beweeg buite [...]

    Marnich
    Baie geniet. Net die dele uit DRC wat ek nie lekker kon volg nie. Tot en met die einde van die boek weet ek nou nog nie wie is wie in die Kongo nie

    • [PDF] ↠ Free Read ↠ Offerande : by Chanette Paul â
      246 Chanette Paul
    • thumbnail Title: [PDF] ↠ Free Read ↠ Offerande : by Chanette Paul â
      Posted by:Chanette Paul
      Published :2019-01-20T23:53:59+00:00